7 Slegte dinge wat goedgenoeg-ouers moet vermy: Agter jou werk skuil

hiding behind desk

5: Agter jou werk skuil

‘n Man kom een aand moeg gewerk tuis. Hy voel geïrriteerd toe sy agtjarige seun hom by die deur inwag. Wat wil die kind nou weer hê, wonder hy.

“Pappa, kan ek vir jou ‘n vraag vra?”

“Ja,” antwoord die man kortaf.

“Hoeveel geld verdien Pappa per uur?” wou die seun weet.

“Vir wat wil jy weet?” antwoord die man kwaai.

“Ek wil net weet. Asseblief!” pleit sy seuntjie.

“R20,00!” blaf die man sommer ‘n simpel antwoord terug.

“O,” antwoord die seun, “kan ek by Pappa R10,00 leen asseblief?”

Toe het die man genoeg gehad en snou sy seun toe: “As die enigste rede vir jou simpel vraag is om weer geld uit my te kry om iets te koop, kan jy sommer nou die pad kamer toe vat. Terwyl jy daar is, kan jy sommer nadink oor jou selfsug! Ek werk lang, harde ure en het nie tyd vir kinderspeletjies wanneer ek by die huis kom nie.” Die seun het stil omgedraai en na sy kamer geloop.

Na ‘n uur of so het die man afgekoel en skuldig begin voel oor wat hy aan sy kind gesê het. Miskien het sy seun ‘n goeie rede gehad waarom hy die geld gevra het en R10,00 sal hom vir seker nie armer maak nie, het hy by homself gesit en dink.

Hy het na sy seun se kamer gegaan en ingeloer: “Slaap jy al?”

“Nee, Pappa,” het die antwoord van die bed se kant gekom.

“Ek is jammer dat ek so lelik met jou was,” het die man aan sy seun bely. “Hier is die R10,00 wat jy gevra het.”

Die seun het regop gespring en opgewonde gesê: “O, dankie, Pappa!” Hy het sy spaarbussie oopgemaak en al sy spaargeld op die bed uitgegooi. Versigtig het hy dit begin tel. Toe hy klaar was, het die seuntjie opgekyk en vir sy pa gesê: “Ek het nou R20,00. Kan ek ‘n uur van Pappa se tyd vir mý koop?”

Eina!

Onthou kinders spel liefde, T-Y-D!

Miskien is dit nou ʼn goeie tyd om te herkou aan die veelseggende woorde wat Stephan Covey kwytgeraak het: “How many people on their deathbed wish they’d spent more time at the office?” Besef jy hoe vinnig vul ’n werkgewer iemand wat oorlede is, se pos, maar besef jy dat jou familie jou nooit kan vervang nie? Staan genoeg tyd af aan hulle wat vir jou omgee.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s