7 Slegte dinge wat goedgenoeg-ouers moet vermy: Herhaal die foute van jou ouers

mother-and-tween-girl

4: Herhaal die foute van jou ouers

As ouers is ons geneig:

  1. om te doen wat ons ouers aan ons gedoen het, of,
  2. om die teenoorgestelde te doen as wat hulle aan ons gedoen het.

As dít wat aan ons gedoen is nie goed was nie (soos om té rigied op te tree met té veel reëls), sal ons òf daardie patroon navolg òf die teenoorgestelde doen (soos om geen grense of struktuur vir ons kinders te stel nie – wat net so sleg is). As jy deel was van ‘n slegte siklus wat jou gewond het, kan jy die siklus breek en met ʼn nuwe manier van ouerskap na vore kom wat ons goedgenoeg-ouerskap of sagte-oë-ouerskap noem, wat nie net goed vir jou kinders gaan wees nie, maar ook genesend vir jou.

Ons het gelees van ʼn ma wat op haar dogter geskree het: “Jy is ʼn vark! Jy pak niks weg nie!” Skielik was sy stomgeslaan, want die woorde wat sy as kind só gehaat het, het sy toe vir haar eie kind toegesnou. Sy was onbewus dat sy ou opnames uit haar kinderjare, wat in haar gedagtes gestoor was, vir haar kind gespeel het.

Raak bewus van hierdie goed wat jou ouers (in hulle onvolmaaktheid) aan jou gedoen het en jou daardeur gewond het. Poog dan om dit bewustelik nie teenoor jou kinders te doen nie.

Die goue reël van goedgenoeg-ouerskap: doen aan jou kinders wat jy gewens het jou ouers aan jou moes doen.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s