7 Slegte dinge wat goedgenoeg-ouers moet vermy: Jou huwelik tweede plaas

Just married couple, holding hands and walking in nature

2: Jou huwelik tweede plaas

Moenie overfocus op jou kinders en underfocus op jou huwelik nie. Dit is fataal vir jou kinders asook vir jouself. Ouers wat gedurig twis, veroorsaak ‘n gevoel van onveiligheid by kinders. Onthou, die beste geskenk wat ouers vir hulle kinders kan gee, is om mekaar lief te hê. Daarom is dit nodig dat julle sal fokus op “ons”. Hoe? Kry ʼn balans tussen julle huwelik en jul kinders:

  • Maak elke dag tyd om met mekaar te gesels – bad saam, drink koffie/tee saam – kry julle holy moments saam met mekaar.
  • Skeduleer “ons aande” waar julle net vir ʼn paar ure op mekaar kan fokus (hoor by mense van goeie verantwoordelike kinderoppassers as julle nie het nie).
  • Gaan soms vir ʼn naweek alleen weg. Hoe opwindend!

Julle verfrisde verhouding met mekaar werk positief in op jul kind(ers) se emosionele gesondheid en maak van die huis ‘n veilige tuiste. Ons weet, dinge werk soms nie uit tussen huweliksmaats nie, maar dan is dit steeds nodig dat julle respekvol teenoor mekaar sal optree, want julle bly immers steeds jul kinders se ouers vir wie hulle lief is en vir wie jul ʼn voorbeeld moet stel.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s