7 Slegte dinge wat goedgenoeg-ouers moet vermy: Nie as ʼn span saamwerk nie

Boy covering ears with hands while his parents arguing in the background

6: Nie as ʼn span saamwerk nie

Dit is verskriklik as ouers uit twee monde praat, want dan leer kinders vinnig om hulle ouers teen mekaar af te speel. Daar is niks so sleg soos ‘n ouer wat met die kinders teen ‘n ander ouer saamspan om eintlik so hulle guns te wen nie. Dit skep ’n verloor-verloor situasie – almal verloor. (Ons praat nie nou van onnatuurlike abusive situasies waar een ouer se kop uithak nie.)

SPAN staan mos vir Saam Presteer Almal Noemenswaardig.

Leer om dinge met mekaar uit te praat, veral waar julle verskil ten opsigte van die kinders se opvoeding omdat julle van ander hoeke na ʼn saak kyk. Onthou, daar is meer as een regte manier om na die lewe te kyk. Soms moet ʼn mens ook vir mekaar sê: “Ons stem saam dat ons hieroor verskil.” Goedgenoeg-ouers leer om mekaar se hande vas te hou én om uit dieselfde mond te praat.

As jy ʼn enkelouer is, onthou steeds SPAN staan vir Saam Presteer Almal

Noemenswaardig. Jy hét die hulp van jou Hemelse Ouer, bid daaroor en laat Hy jou die wysheid gee om met ander enkelouers te netwerk sodat jy op hierdie manier voel ook jóú hande word vasgehou.

Prediker 4 beklemtoon die belangrikheid van spanwerk: “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets… Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie” (vs.9,12).

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s