7 Slegte dinge wat goedgenoeg-ouers moet vermy: Shame jou kind

child-embarrassing-rex

3: Shame jou kind

Een van die slegste goed wat ouers kan doen, is om hulle kinders te shame en dit boonop soms voor ander mense! Uit Dorothy Nolte se klassieke stuk, Kinders leer wat hulle leef, kom hierdie veelseggende woorde:

As kinders leef met vernedering (shame)

Leer hulle om skuldig te voel

As kinders leef met aanmoediging

Leer hulle selfversekerdheid

Goedgenoeg-ouers wil nie hê dat hul kinders met skuldgevoelens en gevoelens van minderwaardigheid rondloop omdat hulle deur hulle ouers verneder is nie. Die gevaar van shaming is dat die kind die negatiewe “jy is…”-boodskappe (wat vernedering so graag meebring), “ek is…”-boodskappe maak. As die kind gedurig hoor “jy is useless”, begin hy/sy later dink én voel “ek is vir seker useless”!

Goedgenoeg- ouers weet ons dien ‘n vriendelike God wat diep oor ons bekommerd is en ons nooit sal shame nie, maar eerder verras met Sy genade. Laat ons as goedgenoeg-ouers ook so met ons kinders wees. Daarom werk goedgenoeg-ouerskap met die venster-en-spieël-beginsel wat nie probeer om ander te blame of te shame nie. In goeie tye kyk hulle by die “venster” uit en spreek hul waardering uit teenoor hulle kinders, teenoor hul omstandighede en teenoor God. In moeilike tye hou hulle ’n “spieël” op en doen selfondersoek. Wat sê dit oor my én hoe kan ek dit verbeter?

Dink twee keer dus wat jy sê en doen, maar as jy dan in ‘n oomblik van swakheid jou kind met ‘n “jy is…”-boodskap ge-shame het, gaan maak reg, sê jy is jammer, het dit nie bedoel nie en bevestig jou onvoorwaardelike liefde aan jou kind deur positiewe “jy is”-boodskappe te gee.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s