10 Beginsels van goedgenoeg- (of anders gestel, sagte-oë-) ouerskap – Beginsel 1

Beginsel 1: ‘n Ouer wat betrokke en beskikbaar is

 

Soos God…

Die Bybel leer ons dat God ‘n Ouer is wat altyd daar is.

…daar is niemand soos God nie, Hy ry deur die hemel om jou te kom help, in sy majesteit ry Hy op die wolke. Die ewige God is ‘n skuilplek, sy arms is altyd onder jou… (Deuteronomium 33:26-27a)

Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. (Psalm 16:8)

 

Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. (Psalm 121:4)

God het geen kantoorure nie. Hy is áltyd beskikbaar vir sy kinders. Daar is geen oomblik in die lewe wat God nie by jou teenwoordig is nie. Dit is vertroostend én verblyend én inspirerend!

In sulke voetspore moet goedgenoeg- (sagte-oë-) ouers volg…

‘n Storie…

Op ‘n dag besoek Jimmy se pa sy pre-primêre skool. Al die pappas was dié dag spesiaal genooi om die skooltjie te gaan besoek. Toe hy daar opdaag was Jimmy se pa geskok om te sien dat net ‘n handjievol van die ander pa’s opgedaag het. Om die waarheid te sệ, hy was die enigste ouer vanuit sy seun se klas wat teenwoordig was.

Nadat Jimmy en die ander kinders gevra is om in ‘n sirkel op die mat te sit, vra die onderwyseres al die kinders om elkeen iets spesiaals van hulle pa met die res van die klas te deel.

Een seuntjie het trots vertel: ”Wel, my pa is ‘n prokureur. Hy maak ‘n klomp geld en ons woon in ‘n groot huis.” ‘n Ander het weer vertel: ”Wel, my pappa is baie slim. Hy is ‘n professor by die universiteit en ‘n klomp belangrike mense ken hom.”

Uiteindelik was dit Jimmy se beurt. Hy het na sy pa gekyk, toe na die klasmaats en toe breed geglimlag en gesê: ”My pappa… my pappa is hier!”

Woody Allen, die komediant/akteur, het ’n baie waar ding kwytgeraak. Hy het gesê: “90% of life is just to show up!” Studies het getoon dat hoe meer tyd ouers saam met hul kinders deurbring (met ander woorde betrokke en beskikbaar is), hoe geringer is die kans dat hul kinders ernstige gedragsprobleme sal ontwikkel.

Goedgenoeg- (sagte-oë-) ouers is betrokke en beskikbaar vir hul kinders, want…

  • anders mis hul uit op die belangrike mylpale langs die pad.
  • kinders moet weet dat, ongeag hul gedrag en optrede, hulle ouers altyd daar vir hul sal wees.
  • hulle wil ‘n voorbeeld van betroubaarheid en getrouheid stel sodat kinders kan verstaan dat God ‘n miljoen keer meer só is.
  • Hulle help hul kinders die waarheid agter Albert Einstein se woorde verstaan: “Try not to become a person of sucess but rather a person of value.” Dit is iemand op wie jy kan staatmaak, want so iemand is betroubaar en getrou.

Om oor na te dink… en te doen…

  • Wat is die volgende mylpale wat op jou kind(ers) wag en hoe kan jy betrokke en beskikbaar vir hulle wees? Teken dit aan in jou dagboek, op jou selfoon of in jou rekenaar sodat jy “reminders” daarvoor kan ontvang. Daag op en skep so ‘n herinnering saam met jou kind.
  • Skryf ‘n brief aan jou kind wat hy/sy kan bêre waarin jy jou beskikbaarheid en betrokkenheid as ouer en versorger aan hom of haar belowe.
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s