Beginsel 2: ‘n Ouer wat onvoorwaardelik liefhet

‘n Ouer wat onvoorwaardelik liefhet

 

Soos God…

Die Bybel leer ons dat God ‘n Ouer is wat onvoorwaardelik lief het.

Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk.(Hosea 11:8)

By U alleen is daar liefde vir ‘n weeskind.Ek sal hulle ontrou genees. Ek sal hulle van harte liefhê... (Hosea 14:4,5)

God se onvoorwaardelike liefde…

  • is nie tydelik nie… dis ‘n ewige liefde (lees Jeremia 31:3)
  • is nie afhanklik van ons aanvaarding of goedkeuring daarvan nie (lees Romeine 8:38,39)
  • is nie afhanklik van hoe goed ons is nie. Selfs op ons slegste het Hy ons lief omdat Hy goed is (lees Romeine 5:8)
  • is nie ‘n geheim nie. Dit staan orals geskryf en dit word J-E-S-U-S gespel. Soms is dit net ons, mense, wat te blind is om dit agter te kom (lees Johannes 3:16)

In sulke voetspore moet goedgenoeg- (sagte-oë-) ouers volg…

‘n Storie…

In P.G du Plessis se toneelstuk, Siener in die Suburbs, sê Tiemie: ”Ma, ek wil nie soos ‘n hond vrek nie, ek wil van geweet wees!” Net soos Tiemie wil almal van ons spesiaal voel… almal van ons wil voel ons is geliefd en ons maak saak!

Tom was ‘n universiteitstudent wat baie geliefd was onder sy mede-studente. Hy was ‘n doodgewone jong man, behalwe… Tom het hierdie reuse geboortevlek aan die een kant van sy gesig gehad. Eendag skraap een van sy vriende die moed bymekaar en vra: ”Tom, hoe het jy dit reggekry om vrede te kon maak dat jy vir die res van jou lewe so ‘n vlek moet dra?”

Tom het geantwoord: ”Dit was my pa! Jy sien hy het van dag een af gesê: ”Seun, hierdie geboortemerk is waar ‘n engel jou gesoen het om jou spesiaal vir ons te merk. Jy is baie spesiaal vir my, wanneer jy in ‘n groep is, weet ek waar jy is, dat jy myne is!” My pa het dit soveel keer vertel dat ek later vir ander mense jammer gevoel wat nié so ‘n vlek het nie.

Onvoorwaardelike liefde laat almal spesiaal voel.

Goedgenoeg- (sagte-oë-) ouers het hul kind(ers) onvoorwaardelik lief, want…

  • ons kind(ers) moet dié soort liefde beleef wat God vir ons, sy kinders, het. Ons wil dit graag verduidelik aan die hand van ‘n toneel uit die komedie, Pee-Wee’s Big Adventure.

 

Pee-Wee voer die volgende gesprek met die kelnerin, Simone, wat hy langs die pad ontmoet:

Pee-Wee: “ …wat is jou grootste droom in die lewe?”

Simone: ”Ek wil graag in Parys bly.”

Pee-Wee: ”Simone, dis jou droom. Jy moet dit uitleef!”

Simone: “Ek weet jy is reg, maar… ”

Pee-Wee: “Maar wat? Almal wat ek ken het ‘n groot maar! Kom, Simone, laat ons praat oor jou groot maar!”

  • Goedgenoeg (sagte-oë) ouers wil hê hul kinders moet groot word sonder ‘n groot maar. Hulle moet besef ons het hulle onvoorwaardelik lief sonder enige groot maar as voorwaarde, byvoorbeeld: “maar as jy nie presteer nie” of “maar as jy droogmaak”. Goedgenoeg- (sagte-oë-) ouers het hul kind lief… PUNT.

Om oor na te dink ….en te doen

 

  • Lees 1 Korintiërs 13:4-8a. As jy die impak van hierdie woorde op jou lewe as ouer met sagte-oë regtig wil verstaan, haal die woord, liefde, uit en vervang dit met Jesus. Eers dan sal jy beleef en leef wat hier staan. Lees dit vir ‘n week lank so én bid dat die Heilige Gees jou sal help om 1 Korintiërs 13 vir jou kind(ers) te wees.
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s