Beginsel 3: ‘n Ouer wat verstaan

‘n Ouer wat verstaan

Soos God….

Die Bybel leer ons dat God ‘n Ouer is wat verstaan.

Dit behels die volgende:

  • Watter mens onder julle sal vir sy seun ‘n klip gee as hy brood vra, of ‘n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra? (Matteus 7:9-11)

Met hierdie woorde wil Jesus vir ons sê dat God, ons Hemelse Vader, ons verstaan én weet wat ons behoeftes is.

  • Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid uitkoms gee (2 Korintiërs 1:3). The Word on the Street gee die tweede helfte van hierdie vers so weer: The God who loves you passionately and puts your arm round you, like a dad who understands.

 

  • Agter hierdie verstaan lê ook die begrip van luister.                                                                                                  U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag (Psalm 5:4). God luister na ons hart.                                                                                                                                               Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie (Jesaja 59:1) Die teksvers leer vir ons dat God altyd na ons luister (én ons wil help).

In sulke voetspore moet goedgenoeg (sagte oë) ouers volg…

Tydens onderhoude wat met tienerprostitute gevoer is, is onder andere hierdie vraag aan hulle gevra: “Is daar enigiets wat jy die meeste nodig gehad het en nooit gekry het nie?”

Feitlik almal se antwoord hierop was: ”Wat ek die meeste nodig gehad het, was iemand om na my te luister. Iemand wat genoeg omgegee het om net na my te luister.”

‘n Storie….

‘n Familie sit aan tafel by ‘n restaurant, gereed om hul bestellings te plaas. Die kelnerin kyk na die jong seun en vra: ”Wat bestel jy vandag?” Die seuntjie het entoesiasties geantwoord: ”Hamburger, chips en ‘n chocolate milkshake.”

Die ma onderbreek vinnig: ”Nee, bring vir hom hoender, ‘n gebakte aartappel en ‘n glas melk.” Tot almal se verbasing het die kelnerin die ma geïgnoreer en verder met die seuntjie gepraat:” So, jong man, dis ‘n hamburger, chips en chocolate milkshake vir jou?” “Ja, ja!” het die seuntjie uitgeroep. Hy het toe na sy ouers gedraai en met ‘n breë glimlag op sy gesig gesê: ”Is sy nie wonderlik nie! Sy dink ek is regtig!”

Goedgenoeg- (sagte-oë-) ouers wil hul kinders verstaan , want…

  • as ons wil hê ons kind(ers) moet ons verstaan, moet ons eers leer om ons kind(ers) te verstaan. Geen wonder dat Stephan Covey in sy boek, 7 Habits for highly effective people, dit een van sy “gewoontes” maak nie: Seek first to understand, then to be understood.
  • om iemand te kan verstaan moet ons eers leer om na daardie persoon se hele lewe te luister – na dit wat hy sê of selfs nié sê nie; dit wat hy doen of nié doen nie.
  • ons sal hierdie raad uit die Bybel moet navolg: My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie (Jakobus 1:19).
  • verstaan beteken nie raadgee of oordeel nie! Die formule om te verstaan, is:

Luister na die ander persoon se storie.

Luister na die ander persoon se volle storie.

Luister na die ander persoon se volle storie eerste.

(Gen. George Marshall)

Om oor na te dink… en te doen…

 

    • Leer om ten minste een maaltyd per dag as gesin saam aan tafel te eet. Vra dan: “Wat was jou hoogtepunte én laagtepunte van hierdie dag?” Gee vir elkeen ‘n kans, maar moenie karring as een se antwoorde kort-af is nie. Luister na mekaar se antwoorde sodat ons ‘n verstaan van mekaar se lewe kan begin kry. Een van die ouers kan maar eerste begin…
  • Wat wil die Here deur die volgende storie aan jou as goedgenoeg- (sagte-oë-) ouer sê:                                                      Die skrywer, Charles Swindoll, vertel dat hy eenkeer in sy lewe toegegooi onder die werk en gestres was! Hy het gedurig na sy vrou en kinders gehap, sy kos afgesluk en was erg geïrriteerd met enige onderbreking.   

Kort voor lank het dinge in sy huis dié patroon gevolg van sy gejaagde lewe. Dit het regtig onuithoubaar vir almal geword. In daardie tyd kom sy jongste dogter, Colleen, na hom om aan hom iets belangrik wat by die skool gebeur het, te vertel. Sy het haastig begin praat: ”Pappa, ek wil vir jou iets vertel, maar ek sal dit baie vinnig vertel!”

Swindoll het skielik besef watter invloed sy leefstyl op die gesin gehad het en haar geantwoord: ”Skat, jy kan dit vir my vertel en jy hoef dit nie vinnig te vertel nie. Praat stadig.“

Hy vertel hy het tot vandag toe nóg nie haar antwoord vergeet nie: “ …nou luister dan stadig!”

 

  • Goedgenoeg- (sagte oë-) ouers werk volgens die platinum-reël: Doen aan ander wat hulle graag wil hê aan hulle gedoen moet word!                                                                                                                                    

 

Die platinum-reël waag dit om te luister na ander mense se harte. Ons wil dit waag om te sê dat om te luister na ‘n ander persoon se lewe,’n dieper ervaring van liefde is as net om te luister na jou eie lewe! Miskien is dit hoekom God aan ons twee ore gegee het – een om mee te luister na ons eie lewe en ‘n oor om te luister na ‘n ander persoon se lewe. As ons dit begin uitleef, sal mense om ons miskien vir die eerste maal beleef: ek word verstaan! Dis hoe sagte-oë-ouers tog bekend wil staan.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s