Beginsel 4: ‘n Ouer wat aanvaar

‘n Ouer wat aanvaar

Soos God….

Die Bybel leer ons dat God ‘n Ouer is wat ons aanvaar.

Dit behels die volgende:

  • Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem (Psalm 27:10). By God is daar altyd aanvaarding selfs al het die res van die wêreld by jou uitgestap het.
  • Kan ‘n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor my (Jesaja 49:15,16). God wil en kan jou nie vergeet nie, want jy is Syne! The Word on the street se weergawe hiervan laat jou die aanvaarding van God nog beter snap: Can a mother forget she’s got a baby smackbang in the middle of breastfeeding? Can she not care the child she pushed out? Maybe! But I won’t forget you. Your name is tattooed on my palms. The “reconstructed you” is always in My eyeline.
  • Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God  (Romeine 15:7). Die woord, aanvaar, beteken in oorspronklike Grieks “oop arms”… Jesus verwelkom ons met oop arms omdat Hy ons aanvaar as een van sy familielede.

In sulke voetspore moet goedgenoeg- (sagte-oë-) ouers volg…

 

‘n Storie…

 

Daar is ‘n wonderlike storie oor Thomas Jefferson, ‘n gewese VSA president. Hy en ‘n groep metgeselle het per perd deur die land gereis en hulle was genoodsaak om ‘n vol rivier oor te steek. Daar was ‘n man wat op die wal van die rivier die manne dopgehou het terwyl hulle een vir een op hulle perde die rivier oorgesteek het.

Toe Jefferson verbykom, het hy vir hom gevra of hy hom deur die rivier sal neem. Jefferson het sonder huiwering, dit gedoen en hom veilig na die anderkant geneem.

Een van Jefferson se metgeselle het toe aan die vreemdeling gevra: ”Sê vir my, waarom het jy die president bo ons gekies om jou oor te neem?” Verbaas het die man geantwoord: “Ek het nie geweet hy’s die president nie. Al wat ek weet is dat sekere gesigte sê Nee en ander gesigte sê Ja. Hy het ‘n Ja-gesig gehad!”

Sagte-oë-ouers het Ja-gesigte! Ja-gesigte wat met die aanvaarding van liefde en genade ingekleur is.

Goedgenoeg- (sagte-oë-) ouers wil hul kinders aanvaar, want…

    • hul besef aanvaarding beteken dat jy waardevol is nes jy is. Iemand sê JA sodat jy jou ware self kan wees. Dit beteken dat jou idees, woorde en dade ernstig opgeneem word aangesien dit iets van jouself vertel.  Jy kan dus met vrymoedigheid praat oor hoe jy voel en waarom jy so voel, want iemand gee genoeg om, om daarna te luister. Dit beteken nie dat daar nie van jou verskil gaan word nie, maar dat jy steeds veilig jouself mag wees!
  • Ons leef deur die waarheid van Thomas Merton se woorde: The beginning of love is to let those we love be perfectly themselves, and not to twist them to fit our own image. Otherwise we love only the reflection of ourselves we find in them.
  • Kinders wil net hê dat ouers hulle aanvaar vir wie hul is en nie wat hul kan doen nie. Geen kind wil ooit hoor dat hy of sy die odd one out in die familie is nie, of: hoekom is jy nie eerder soos jou suster of broer nie?

‘n Familie is die een plek waar ‘n kind nooit hoef te perform om aanvaar(baar) te wees nie. Hier kan ons ons maskers afhaal, want die familie is die plek waar dit veilig is om jou ware self, met jou goeie en minder goeie eienskappe, te wees.

  • The child benefits more from being valued than being evaluate Don Dinkmeyer
  • Daar bestaan nie iets soos die volmaakte kind nie, maar net die regte kind wat God vir julle gekies het. Netso kry jy nie ‘n volmaakte pa en ma nie – net die regte pa en ma. Daarom, in ‘n familie hoef jy nie te perform om aanvaar te word nie. Nee! Wie jy is, is goed genoeg.

Om oor na te dink… en te doen…

 

  • Staan een dag ‘n week aan elke familielid af as sy/haar spesiale dag. Dink aan maniere om daardie dag vir hom/haar spesiaal te maak..
  • Dink ‘n bietjie na oor iets wat jou kind(ers) die laaste dag of twee positief gedoen het en gee aan jou kind(ers) daaroor terugvoering.
  • Skryf vir jou kind(ers) ‘n brief van God, waarin jy al die goeie dinge wat God vir hom/haar gee, beskryf (Jes 43:1, Jes 43:4, Saf 3:17, 1 Kor 1:9, Hos 11:3, Hos 5:3, Jes 58:2, Ps 27:5, Klaag 2:19 en Hand 3:19).
  • Toe Thomas Edison, die beroemde ontdekker, ‘n klein seuntjie was, het sy onderwyser hom huistoe gestuur met ‘n briefie wat sê: “Jou kind is dom. Ons kan niks vir hom doen nie.”       Mevrou Edison het teruggeskryf: ”Jy verstaan nie my kind nie. Ek sal hom self leer.” Sy het! Ons weet almal wat van Thomas Edison geword het. Ondersoek julle familie. As een van die kind(ers) swaarkry, wie se kant kies julle? Is julle altyd aan al die ander mense se kant – die onderwysers, die vriende, die bure, of weet jou kind dat julle onvoorwaardelik hom/haar aanvaar? Probeer aan maniere dink om dit aan jou kind te wys.
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s