7 Slegte dinge wat goedgenoeg-ouers moet vermy: Baba jou kind

mother and son holding hands

1: Baba jou kind

Ons wil so graag ons kinders klein hou – meesal met goeie intensies. Ons baba ons kinders deur moeilike goed vir hulle te doen en op dié manier probeer ons hulle beskerm teen die pyn van die lewe. Natuurlik moet ons besef dat dit die doel van sagte-oë-ouers is om hul kinders te leer “vlieg” sodat hy/sy onafhanklik kan wees – uit die nes kan vlieg en sy/haar plek in die wêreld, wat God vir hom/haar beplan het, kan volstaan – dán hou ons op om ons kinders te baba. Ons wil allermins hê dat jou aanstaande skoondogter/-seun met ʼn baba trou (dis genoeg dat jý reeds met een getroud is! Ha-ha-ha)! Om te sukkel is goed vir ons kinders (en vir ons), want deur te sukkel leer jy om dit volgende keer beter te kan doen.

John en Linda Friel stel in hulle uitstekende boek, The 7 worst things parents do, die volgende voor om “baba-jou-kind” te oorkom:

1. Laat jou kind sy eie skoenveters vasmaak

Dit sluit alle ander dinge in soos skoene aantrek, veters vasmaak, das knoop, speelgoed optel, vuil skottelgoed wegsit en was, ens. Dinge wat jý eerder sal doen omdat dit jou ‘n ekstra tien minute kan spaar wanneer jy haastig is. As jou kind dit reg doen, komplimenteer hom/haar en na ʼn paar keer se oefen, sal dit tweede natuur by hom/haar word. Jy kan dan die tien minute gebruik om met jou eie dinge aan te gaan.

2. Hulle sal nie breek as hulle ʼn paar minute moet wag nie

Wag is deel van die lewe. Om elke keer as jou kind iets wil hê, alles net so te los, skep by jou kind die indruk dat, wanneer hy sy vingers klap, spring die wêreld daar buite ook om vir hom/haar te help. Ek en jy weet dit werk nie so nie, laat hom/haar toe om dit in die huis te begin leer. Hoeveel keer sê God in die Bybel nie “wag” nie, want dis hoe Hy die lewe ontwerp het.

3. Laat jou kind se trane hom/haar heel maak

Wanneer jou tiener in trane by die huis kom omdat haar ou met haar uitgemaak het, of omdat sy met maats baklei het, luister net. Goedgenoeg- ouers of sagte-oë-ouers luister en luister en luister (sonder om raad te gee), want trane bring hul eie genesing (meer hieroor in die tweede deel van die boek).

4. Moenie jou kind uit alles probeer red nie

Alle ouers wil graag die lewe se bulte vir hulle kinders gelyk maak. Dis natuurlik. Die Friels sê egter: “Competent parents resist those urges because they know that over time, smoothing out all of life’s rough edges will cripple their children and keep them from growing up.” Goedgenoeg-ouers kies om dit nie te doen nie. Onthou, daar ís ʼn Redder – Hy doen goeie werk – en dit is nie jy nie!

Stop onmiddellik met enige “baba-jou-kind”-gedrag! Onthou Efesiërs 4:13 is nie net van toepassing op die kerk nie, maar op elke gelowige: “Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.”

Advertisements

7 Goeie dinge wat goedgenoeg-ouers graag doen: Klein dingetjies maak saak

small-things

7: Klein dingetjies maak saak

 Op ʼn humoristiese manier het ʼn ma dankbaar die soms-voor-die-handliggende bedank:

  1. Vir outomatiese skottelgoedwassers – dit maak dit moontlik om uit die kombuis te gaan voordat die gesin ingaan vir hulle laataand-snacks.
  2. Vir manne wat klein herstelwerkies rondom die huis self aanpak – hulle herstel dit gewoonlik so goed dat ʼn mens die professionals kan inroep.
  3. Vir die bad – die een plek waar die gesin vir ma ʼn tydjie vir haarself toelaat.
  4. Vir kinders wat hulle goedjies wegpak en skoonmaak waar hulle besig was. Húlle is so ‘n vreugde dat jy eintlik spyt is wanneer hul moet teruggaan na hul eie ouers toe.
  5. Vir tieners – hulle gee vir ouers die geleentheid om nog ‘n taal aan te leer!
  6. Vir rookalarms – dit laat weet jou wanneer die kos gaar is!

Ons kan hierdie ma se voorbeeld volg om ook met oop oë te begin leef. So sal ons die klein dingetjies in die lewe nie as vanselfsprekend aanvaar nie, maar God agter dit raaksien. Op dié manier kan ons Hom dank vir dinge soos asemhaal, kos, glimlagte, drukkies, tuine… en met wysheid leef. Wysheid begin as jy God in alles, ook die klein dingetjies, raaksien.

“Die geluk van die lewe is saamgestel uit die kleinste fraksies – die klein, vinnig- vergete weldade van ’n soen of ’n glimlag of ’n vriendelike kyk of ’n kompliment uit die hart” (Samuel Taylor Coleridge). Ons kan byvoeg – om ʼn melkskommel saam te gaan drink of ʼn klein verrassingsgeskenkie of ʼn draairoomys op ʼn warm dag of om buite te speel of om saam te gaan fietsry of by die see te gaan loop of om ʼn piekniek te hou. Dis wat genoem word … the magic of the ordinary: don’t walk with your legs, walk with heart and it will be a walk to remember!

Hier is dit nie die groot goed nie, maar die klein dingetjies wat tel. Sagte-oë-ouers besef die waarde hiervan en leer om saam met hulle kinders op die klein dingetjies van die lewe te fokus. Daarom is dit goed om Sagaria 4:10 te onthou: “Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie…”

7 Goeie dinge wat goedgenoeg-ouers graag doen: Wees geduldig

hourglass

6: Wees geduldig

Goedgenoeg-ouers of sagte-oë-ouers onthou die eerste keer toe hulle probeer loop het, hulle dit nie reg gekry het nie; of, daardie eerste keer op ʼn fiets. Daarom verwag sagte-oë-ouers van hul kinders slegs gedrag wat in ooreenstemming met hulle ouderdom is. Byvoorbeeld, ‘n sewe-jarige kan net reageer soos ‘n sewe jarige!

Daarom is van die goeie dinge wat sagte-oë-ouers graag doen, om geduldig met hulle kinders (én hulleself) te wees. Hulle onthou graag Paul Lewis se woorde:     “Children are developed the same way that gold is mined: Tons of dirt have to be removed to get an ounce of gold. But you don’t go into the mine looking for the dirt. You go into the mine looking for GOLD!”

Konflik ontstaan wanneer jy fokus op die grond/vuiligheid (dirt), as gevolg van ongeduldigheid. Geduld sê, moenie fokus op die grond/vuiligheid nie. Nee, fokus op die goud en vier dit! As gelowige het jy geduld ontvang – dit is een van die vrugte van die Gees wat aan elkeen gegee is (Galasiërs 2:22).

Geduld beteken om verby die onmiddellike frustasies te kyk, al word jy tot die uiterste beproef! Geduld beteken om soms die ligte kant in ‘n moeilike saak raak te sien.

ʼn Do it yourself-firma het die volgende brief van een van hulle kliënte ontvang: “I built a tree house according to your stupid plans and not only is it much too big, it keeps blowing out of the tree.” Geteken, Angry & Unhappy. Die firma het geantwoord: “Dear Angry & Unhappy, we’re sorry about the mix-up. We accidentally sent you a sailboat blueprint. But if you think you are unhappy, you should read the letter from the guy who came in last in the yacht club regatta.”

Geduld beteken om nie die lewe en jouself te ernstig op te neem nie en te besef ons almal is maar sukkelaars wat foute maak. Geduld is om in die voetspore van ons Hemelse Ouer te loop, wat met soveel geduld teenoor Sy aardse kinders optree!

7 Goeie dinge wat goedgenoeg-ouers graag doen: God aanbid

5: God aanbid

Taliep Petersen het iewers hierdie waar ding gesê: “As djy nie weet daar is ‘n Being bo jou nie, dink jy, jy is te groot.” Goedgenoeg-ouers of sagte-oë-ouers leer hulle kinders van jongs af dat ‘n mens nie sonder God in die lewe kán nie.

George Conway skryf in sy boek, Giving Good Gifts, oor die ouer se taak om sy kind geestelik te begelei. Daarin stel hy die volgende voor wat ‘n ouer kan doen om sy kind te help om God te vind:

  • Neem ‘n kind van jongs af kerk toe. Dit was ‘n gewoonte wat Jesus ook gedoen het (Lukas 4:16) en enige gewoonte wat vir Jesus goed genoeg was, is goed genoeg vir ons.
  • Herinner hulle dat God in die oë van behoeftiges gevind kan word. “As julle dit aan die geringstes gedoen het, het julle dit aan My (Jesus) gedoen” (Matteus 25:40).
  • Wys vir jou kind dat jy jou geloof ernstig opneem. Bespreek Sondag se erediens op pad huistoe of aan die etenstafel – of enige geestelike boek wat jy lees of selfs die nuutste flieks – deur ‘n geloofsbril. Dit maak dat geloof so natuurlik word soos asemhaal en iets is wat van toepassing is op alle gebiede van die lewe.
  • Moenie jou kinders met God versmoor nie. Wees jy net ‘n geloofsvoorbeeld. Hy sal die res doen. Hy is God – nie jy nie!
  • Leer die kind van gewyde oomblikke en heilige areas (holy spaces) deur hulle op simbole en gebruike in die kerk te wys.
  • Leer aan hulle dat daar geen blywende waardesisteem sonder God is nie. Sonder God is die lewe sonder betekenis.

“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag” (Deuteronomium 6:4,5).

7 Goeie dinge wat goedgenoeg-ouers graag doen: Bybellees

4: Bybellees

Die Bybel gee jou vars perspektief op die lewe – God se perspektief. Sulke perspektief het ‘n mens daagliks nodig. Onthou, die Bybel is God se storie wat in Genesis begin met, “lank, lank gelede…”, en in Openbaring eindig met, “hulle het vir ewig gelukkig gelewe…” Dit het nog nooit sy trefkrag verloor nie. Cecil B. de Mille, die destydse beroemde film regisseur, het gesê: “Na meer as sestig jaar van Bybellees, het die Bybel my nog nooit gefaal om iets nuuts of wonderlik daarin te ontdek, wat ooreenstem met die veranderende behoeftes van ons daaglikse bestaan nie..” “Gras verdor en blomme verwelk,maar die Woord van ons God bly vir ewig” (Jesaja 40:8).

Vier predikante was besig om te redeneer oor watter vertaling van die Bybel die heel beste is. Die eerste een het gehou van die 1933-vertaling omdat dit so letterlik is. Die tweede een het die 1983-vertaling verkies omdat dit pragtig vertaal is in Afrikaans. Die ander een het gesê hy verkies die Boodskap omdat dit in lekker praat-Afrikaans is. Die vierde een het gesê hy verkies sy ma se vertaling. Sy ma het die Bybel in die alledaagse lewe vertaal en dit was die mees oortuigende vertaling wat hy al teëgekom het.

Goedgenoeg-ouers is die vyfde evangelie vir hulle kinders – hulle lééf die Bybel vir hul kinders wanneer hulle nog nie kan lees nie of wanneer hulle met die lewe sukkel. Dít begin egter by ouers wat die Bybel ernstig opneem, want hulle besef: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek” (2 Timoteus 3:16).

Onthou, moenie die Bybel gebruik as ‘n stok om mee te slaan nie, maar eerder as ‘n stok om op te leun of ‘n kompas om aan jou rigting te gee. Daarom, as ‘n Familiebybel uitmekaar val, is dit ‘n goeie aanduiding dat die familie redelik goed aan mekaar en aan God vas is.

7 Goeie dinge wat goedgenoeg-ouers graag doen: Hou dinge lig

carefree-life

3: Hou dinge lig

John Westerhoff, ‘n geloofsopvoedkundige, het ‘n baie waar ding gesê: “Always remember that religion was danced before it was taught!”

Billy Sunday, ’n bekende prediker van die vorige eeu, het eenkeer gesê: “Die duiwel kan nie lag nie, maar God hou van ‘n bietjie humor, soos dit blyk uit die feit dat Hy die aap gemaak het, en die papegaai en die donkie… en sommige van julle!” Geen wonder dat Mark Twain in een van sy boeke die duiwel die volgende laat kwytraak nie: “The human race has unquestionably one really effective weapon – laughter.”

Daarom glo ons wat Reinhold Niebuhr gesê het: “Laughter is the beginning of prayer.” Kyk, om te lag is om in die hart van God te gaan kuier. Jy kan nie die lewe sonder humor en lag aanpak nie, want mense wat sonder ‘n gelag deur die lewe gaan, verstaan vir God heeltemal verkeerd.

Dis raad wat God al lankal in die Bybel vir ons gee: “Blydskap laat ‘n mens se gesig straal. ‘n Blymoedige mens se hele lewe is ‘n fees!” (Spreuke 15:13,15). Dit neem 43 spiere om ‘n frons te produseer, maar net sewentien spiere om ‘n glimlag op jou gesig te plaas. Dis ‘n winskopie om te lag! Jy kan twee keer glimlag dan het jy nog nie soveel energie opgebruik soos wanneer jy frons nie. Dit laat ‘n mens dink, nè.

Wat is die waarde van humor? Humor laat jou lag… en om te lag is gesond. Dis wat God vir ons in Sy Woord bevestig: “’n Vrolike mens is ‘n gesonde mens” (Spreuke 17:22). Sagte-oë-ouers hou dit lig en dit hou hulle én hulle kinders gesond … seven days without laughter makes one weak!

Plant ‘n saadjie van vreugde elke dag in jou kind se lewe. Oor ‘n paar jaar groei daar ’n plantasie.

7 Goeie dinge wat goedgenoeg-ouers graag doen: Handel jou verlede af

past-present-future-sign1

2: Handel jou verlede af

Dit is ʼn feit dat volwasse mans byna altyd in terapie huil oor hulle pa’s én volwasse vrouens oor hulle ma’s! Jy kan nie ‘n goedgenoeg-ouer vir jou eie kinders wees as jy nie die onafgehandelde kwessies (issues) in jou eie lewe hanteer het nie. Dit mag dalk selfs iets met een van jou ouers te doen hê. Indien jy dit nie doen nie, gaan jy waarskynlik jou eie kinders wond op dieselfde manier as wat jou ouer(s) dit gedoen het.

Staar hierdie wonde in die gesig en sorteer dit uit. Die beste en mees voor die hand liggende manier wat ons ken, is deur vergifnis. Vergifnis laat ʼn gevangene vry en die gevangene was jy! Onthou egter vergifnis is nie ‘n oornagding nie, maar ‘n proses.

Walter Wangerin deel vergifnis in ‘n paar stappe op:

Stap 1: Wees realisties. Fokus op die spesifieke gebeurtenis en op wie jou seergemaak het. Vergifnis het altyd ‘n gesig. Ventileer daarna jou gevoelens. Jy mag maar kwaad word. Moet dit nie onderdruk nie.

Stap 2: Jy moet van jou eie vergifnis bewus wees voor jy iemand anders kan vergewe. Hierdie besef is ‘n gelykmaker, want jy ontdek dat die persoon wat jy moet vergewe ‘n sondaar is, net soos jy.

Stap 3 (die moeilikste stap): Offer jou gevoelens van weerwraak in gebed aan God. Vergifnis laat jou bedank uit die “ek gaan jou terugkry”-kompetisie.

Stap 4: Vergewe die persoon wat jou seergemaak het.

Stap 5: Volg woorde met dade op. Leef die vergifnis. Onthou vergifnis is iets anders as versoening. Versoening is eers moontlik as die persoon wat jou te na gekom het, vir jou om vergifnis vra…

Dit was in die wonderlike fliek, Smoke Signals (wat oor twee jong mans gegaan het wat die pyn van hulle afwesige en skendende (abusive) vaders moes verwerk het), waar ons die aangrypende gedig van Dick Lourie, Forgiving our Fathers, die eerste keer gehoor het.

How do we forgive our fathers?

Maybe in a dream?

Do we forgive our fathers for leaving us too often?

Or forever, when we were little?

Maybe for scaring us with unexpected rage, or making us nervous

because there never seemed to be any rage there at all?

Do we forgive our fathers for marrying or not marrying our mothers?

or for divorcing or not divorcing our mothers?

And shall we forgive them for their excesses of warmth or coldness?

Shall we forgive them for pushing or leaning, or shutting doors?

for speaking through walls, or never speaking, or never being silent?

Do we forgive our fathers in our age, or in theirs?

Or in their deaths, saying it to them, or not saying it.

If we forgive our fathers, what is left?

Ja, ‘n mens kan vra: “If we forgive our fathers (mothers), what is left?” ‘n Verlede vry van bitterheid en ‘n toekoms vol hoop. “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe” (Kolossense 3:13).

7 Goeie dinge wat goedgenoeg-ouers graag doen: ‘n Voorbeeld stel

Hierdie sewe dinge gaan ons op ‘n sms-styl skryf – sms staan in hierdie geval vir short meaningful stuff – net om jou as ouer aan die dink én doen te kry. (Dit is oorgeneem vanuit ons boek, Dis Okei as jou kinders verskil – Carpe Diem 2010)

healthy_role_model

1: ‘n Voorbeeld stel

Die voorbeeld wat sagte-oë-ouers stel is belangriker as wat ons ooit sal kan dink. Albert Schweitzer het gesê ‘n kind leer net op drie maniere: eerstens, deur jou voorbeeld, tweedens, deur jou voorbeeld en derdens, deur jou voorbeeld! Mary Rita Korzan het hierdie aangrypende gedig geskryf:

When you thought I wasn’t looking,
I saw you hang my first painting on the refrigerator,
and I wanted to paint another one.

When you thought I wasn’t looking,
I saw you feed a stray cat,
and I thought it was good to be kind to animals.

When you thought I wasn’t looking,
I saw you make my favourite cake for me,
and I knew that little things are special things.

When you thought I wasn’t looking,
I heard you say a prayer, and
I believed there is a God I could always talk to.

When you thought I wasn’t looking, I
felt you kiss me goodnight, and I felt loved.

When you thought I wasn’t looking,
I saw tears come from your eyes,
and I learned that sometimes things hurt,
but it’s all right to cry.

When you thought I wasn’t looking,
I saw that you cared, and
I wanted to be everything that I could be.

When you thought I wasn’t looking,
I looked . . . and wanted to say thanks
for all the things I saw
. . .when you thought I wasn’t looking.

Let op na die voorbeeld wat jy, as goedgenoeg-ouer of sagte-oë-ouer, stel sodat jy net soos Paulus vir jou kind kan sê: “Volg my voorbeeld net soos ek Christus se voorbeeld volg” (1 Korintiërs 11:1); en, sodat jy dan met gemoedsrus die volgende woorde uit jou kind se mond kan hoor: “…when you thought I wasn’t looking…”

Die NF temperament-groep familie

  • Gebruik hul kreatiewe verbeelding saam met die Bybel om met God kontak te maak.
  • Die Bybel word beskou as ‘n persoonlik brief van God.
  • Kontakmaking met God word in terme van ‘n liefdevolle verhouding beskou wat jou toelaat om flitse van die hemel te sien sodat daar ‘n verandering kan plaasvind.
  • Hulle geliefkose Evangelie is Lukas.
  • Hul geloofslewe kan opgesom word met: om eg te wees.
  • Hul wil hulle geloof uitleef deur dit met egtheid te belewe.

Temperamente leer ouers en versorgers om hulle geloof sowel as hulle kinders s’n volgens hulle temperamente uit te leef. Daarom kan ons Don Chapman se raad gerus volg: ”Pray as you can, don’t pray as you can’t.” Alle CMP kids produkte neem die bogenoemde inag en wys kinders in die regte richting maar help kinders om volgens hulle unieke temperament op dié regte pad te loop.

Ewald & Beatrix van Rensburg

Die NT temperament-groep familie

  • speel die verstand ‘n groot rol in hulle kontakmaking met God, daarom vra hulle

graag: wat?, hoe?, wie?, waar? en wanneer?, sodat hulle dinge kan ontdek, ophelder en verfyn.

  • Die Bybel word beskou as ‘n dink- én nadinkboek.
  • Hulle beskou hul kontak met God as ‘n geheim én ‘n verwondering.
  • Hulle liefgekose Evangelie is Johannes.
  • Hulle geestelike lewe kan opgesom word met: om meer te weet.
  • Hulle wil hulle geloof uitleef deur daaroor te dink en daaroor te redeneer.